Eersterangse krieket

Eersterangse krieket word altyd in wit uitrustings...
...en met rooi krieketballe gespeel

Eersterangse krieket (Engels: First-class cricket) is 'n vorm van krieketspel bestaande uit wedstryde wat vir drie of meer dae geskeduleer is, tussen twee spanne van elf spelers elk. Die wedstryd word amptelik as eersterangs aangewys op grond van die hoë standaard van die mededingende spanne. In sulke wedstryde word spanne toegelaat om twee kolfbeurte elk te speel; alhoewel in die praktyk, 'n span moontlik net een beurt kan kolf (weens 'n groot oorwinning), of glad nie kolf nie (weens gure weer/wedstryd afgelas).

Alhoewel toetskrieket die hoogste standaard van krieket verteenwoordig, is dit self 'n vorm van eersterangse krieket. Die term "eersterangs" word egter meer algemeen gebruik om te verwys na plaaslike/binnelandse kompetisies. 'n Speler se eersterangse statistiek sluit sy vertonings in toetswedstryde in.

As gevolg van die tydseise van eersterangse kompetisies is die spelers meestal betaalde professionele sportslui, maar in historiese opsig neem baie amateurspelers ook daaraan deel. Eersterangse spanne verteenwoordig gewoonlik 'n geopolitieke streek, soos 'n Engelse graafskap, 'n Australiese deelstaat, 'n Suid-Afrikaanse provinsie, 'n Nieu-Seelandse provinsie of 'n Wes-Indiese eilandstaat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search